Judith Butler

Judith Butler
Judith Butler in 2013

Gebore 24 Februarie 1956 (1956-02-24)
Cleveland, Ohio
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Feministiese teorie, Politieke filosofie, Etiek, Psigoanalise, Fenomenologie, Diskoers, Uitvoering, Seksualiteit, Geslagsteorie, Joodse filosofie
Alma mater Bennington College
Yale-universiteit (BA, MA, PhD)
Bekend vir Geslag as sosiale konstruksie, Geslagsverrykbaarheid
Beïnvloed deur Karl Marx, Michel Foucault, Theodor Adorno, J.L. Austin, Luce Irigaray, Monique Wittig, Emmanuel Levinas, Jacques Derrida, Jacques Lacan, Sigmund Freud, Søren Kierkegaard, Friedrich Nietzsche, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Simone de Beauvoir, Louis Althusser
Invloed op Susan Stryker, Sandy Stone, Jasbir Puar, Andrea Smith, Pussy Riot[1]

Judith Butler (Cleveland, Ohio, 24 Februarie 1956) is 'n Amerikaanse filosoof en lesbiese feminis.

Sy is 'n professor in retoriek en vergelykende literatuur aan die Berkeley Universiteit. Sy is 'n ondersteuner van dekonstruksie. Sy het bekend geword weens haar twee boeke oor geslag (Gender trouble en Bodies that matter) en hoe ons (idees en gevoelens oor) liggame beheer word deur geslag as 'n samelewingsorganiserende beginsel. Bodies that matter, word beskou as 'n besonder moeilike boek. Die hoofoorsaak hiervan is volgens Butler se kritici haar uiters ondeursigtige taalgebruik. Sy self beskou hierdie taalgebruik as nodig om uit te druk wat sy moet sê. Die kern idee is "performativity". Jy leer geslag deur te "doen" en deur voortdurende herhaling, wat lei tot inprenting. Dit sorg egter ook dat nie alle liggame en geslagsuitdrukkings tel nie, verduidelik Butler met verwysing na onder andere die psigoanalise.

  1. (en) Ryzik, Melena (22 Augustus 2012). "Pussy Riot Was Carefully Calibrated for Protest". The New York Times. Besoek op 23 Augustus 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search